Local newsNewsNews

Bakkie terug gekry, maar honde bly in die slag

MEYERTON. - Inwoners word gemaan om voorsorg te tref vir die veiligheid van hul diere en eiendom.

Die Midvaal AfriForum se patrolleerders was Dinsdag (23 Januarie) in die vroeë oggendure uit op patrollie toe twee van hulle onraad in Akkerstraat, Riversdal vermoed het.
“Hulle het ‘n verdagte bakkie gewaar en by nadere ondersoek besef dat daar gepoog was om die bakkie te steel,” vertel Pieter Swart (takvoorsitter van Midvaal AfriForum).
Hulle het dadelik die SAPD ontbied, maar terwyl hulle gewag het, het die eienaar van die bakkie in die pad aangestap gekom.
Hy het verduidelik dat hy gelukkig self die voertuig se battery uitgehaal het, en dus kon die boewe nie daarin slaag om die met die bakkie weg te ry nie.
Hulle het waarskynlik die voertuig tot daar gestoot en toe besef dat hulle nie daarmee sou kon wegry nie.
Ongelukkig het die eienaar se honde die prys betaal. Hulle was vergiftig en het nie die aand oorleef nie.
Daar was ook twee ander voertuie in Riversdag gesteel, ‘n Golf en motorfiets.
“Ons versoek dat mense voorsorgmaatreëls moet tref om hulle honde en eiendomme te beskerm aangesien dit duidelik is dat ‘n sindikaat nou weer in die area bedrywig is,” maan Swart.
Inwoners wat by die tak wil aansluit kan die buurtwagleier, Hennie Dreyer, by 079 876 4559 kontak.
Sluit aan by ons AfriForum Midvaal WhatsApp Groep https://chat.whatsapp.com/ExAjzfMo67aBirj8mjUjr3
Kontak ons direk op Whatsapp
📞 : 072 771 9081 om by die AfriForum Midvaal Buurtwag aan te sluit.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button