Local newsNewsNews

Saterdag is dié dag, stap saam met ons MS-Warriors

Trek 'n glimlag en jou tekkies nader en kom stap saam met die Vaal se MS-lyers

VANDERBIJLPARK. –  Saterdagoggend, 27 Januarie kom MS-lyers en hul ondersteuners om 07:00 by die Emerald Resort & Casino se parkeerarea bymekaar vir ʼn ekstra-spesiale staptog.

Die 3km stap is ter nagedagtenis aan mense wat onlangs die stryd teen veelvuldige sklerose (MS) verloor het en ook om bewusmaking te skep vir hierdie siekte wat soveel mense se lewens radikaal beïnvloed.

Oranje strikkies en haarlinte sal Saterdag beskikbaar wees.

Rozaan Steyn, self ʼn MS-lyer en stigterslid van die MS-Warriors sê almal is welkom om saam te kom stap. “Toegang is gratis. Ons gaan stadig stap, want ons bring mos ons wandelstokke, kieries en rolstoele saam. Dra gemaklike skoene en trek oranje aan.”

Oranje is die amptelike kleur wêreldwyd wat bewusmaking vir MS skep. Saterdag sal daar oranje strikkies en haarlinte beskikbaar wees in ruil vir ʼn donasie in hul Potterjasie Donasie Varkie.

Just keep S’myelin geskryf deur Gina Vorster vertel die verhaal van Gerrie Hadders se lewe. Gerrie is ook ‘n MS-lyer.

Gerrie Hadders, self ʼn MS-lyer, se boek, Just keep S’myelin sal ook te koop wees teen R150 per boek. R50 van die verkoopprys gaan aan Multiple Sclerosis South (MSSA) Afrika geskenk word vir navorsing.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button