Local newsNewsNews

Gebroke hart lei tot Dimetrios se EP-album

Die sanger van Vereeniging het 'n album uitgereik.

VEREENIGING. – ’n Sanger van Drie Riviere het 19 Januarie sy splinternuwe EP-album getiteld “Skadu’s teen die muur” bekendgestel.

Dimetrios Sound sê hy het die album geskryf in ‘n tyd wat hy ‘n gebroke hart gehad het.

Die album gaan egter oor veel meer as sy gebroke hart.

Luisteraars kan met sommige van die snitte ‘n mengelmoes van emosies verwag, terwyl ander liedjies jou weer op die kombuis- of dansvloer sal laat skoffel.

Dimetrios Sound.

“Die liedjies is 100% eg en uit my hart en siel uit. Dit is tyd om dit te deel en nie meer vir myself te hou nie. Die pad tot hier was lank. Ek wil dit met met almal deel.”

Oor die titelsnit van sy EP-album verduidelik Dimetrios: “Mens leef en doen goed gewoonlik vir ander en vergeet soms oor jouself en jou geesteslewe. God wil nie ‘n skadu teen die muur wees in jou lewe nie. Hy wil deel van jou lewe en ervaring wees, die hoogtes en die laagtes. Hy wil hê dat jy jouself deur Sy hart sien.”

“Die lied vertel ‘n storie waar jy jouself weer vind en gelukkig kan wees. Dat jy nie maskers hoef te dra vir ander om hulle gelukkig te maak nie. Wees die unieke ware jy, al begin jy van voor en dus ‘n keuse wat jy, self moet maak.”

Die omslag van Dimetrios Sound se album.

Dimetrios sê hy is vreeslik opgewonde om sy musiek met mense te deel. Die sanger sê hy put sy inspirasie uit God.

“Sonder Hom is ek niks,” sê hy. Hy is ook dank verskuldig aan sy ouers, familie, vriende en almal Dimetrios wat hom ondersteun en gedra het.”

Hy sê sy passie is musiek, sing en om dinge te skep, hetsy met sy hande of met woorde.

“Dit (die dinge wat ek skep) word geweef uit liefde. Ek is lief vir liefde en glo om liefde te deel met almal, die wêreld en mense het dit nodig. Liefde laat mens groei. Ek was nog nooit skaam vir ‘n uitdaging nie en is mal oor die advontuur wat mens noem lewe,” sê Dimetrios.

Oor die planne in sy pyplyn vertel Dimetrios: “Natuurlik ek is geëerd om saam met ClairWalt Productions te werk aan die produksie van die musiek video. Sy is al meer as 12 jaar in die foto en beeld produksie industrie en dis ‘n voorreg om saam Clair te werk sy is uitstekend en dis ‘n inspirasie om saam met haar in ‘n span te wees. Ek is dankbaar vir die geleentheid om saam met haar te werk. Die kreaktiwitiet vloei en ek voel in my hart dit gaan mense aanraak.” sê Dimetrios.

Dimetrios Sound.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button