Wat van ‘n buitelandse avontuur?
Jongmense tussen 15 en 17 jaar kan deel word van Rotary se studente uitruilprogram. Lees meer...
VANDERBIJLPARK. – Die Rotariër Klub van Vanderbijlpark het Donderdag, 18 Januarie ‘n spesiale inligtingsaand gehou oor die Rotary Jeug Uitruilprogram.
Tydens die geleentheid het voormalige en huidige uitruilstudente meer van hul ervarings vertel.
Rotary bied wêreldwyd aan jongmense tussen 15 en 17 jaar die geleentheid om op korttermyn (ses weke) of langtermyn (een jaar) in ‘n ander land te gaan woon.

Die lande waar Suid-Afrikaners kan gaan sluit Argentinië, Duitsland, Oostendryk, België, Denemarke, Frankryk en Nederland in. Die uitruilprogram bied aan jongmense die geleentheid om meer van ander lande en kulture te leer, nuwe tale te bemeester en hul horisonne te verbreed.
Elke uitruilstudent word by gasteouers geplaas in die ander land waar hul deel word van die daaglikse doen en late en selfs die geleentheid kry om daar skool te gaan vir die tydperk wat hul oorsee is.

Die aansoeke vir die jaar sluit einde Januarie. Mense kan meer inligting bekom of aansoek doen op www.youthexchange.co.za, of hulle kan Zander Lintvelt kontak by 067 054 7146.
Zander vra dat mense wat bereid sal wees om ‘n uitruilstudent van ‘n ander land te huisves, hom ook sal kontak.
