Gehoorstukke die antwoord vir normale kinderlewe
Die 9-jarige Lumé floreer op skool en wil net soos haar maats 'n normale kinderlewe lei, maar dit kan net vermag word indien sy nuwe gehoorstukkies kry.
MEYERTON. – Lumé Badenhorst (9) hou daarvan om net soos haar maats te speel en ‘n normale kinderlewe te lei, maar sy het dringend nuwe gehoorstukke nodig om dit te vermag.
Lumé het net 26% gehoor in haar linkeroor, en 48% in haar regteroor. Maar danksy gehoorstukkies hoef sy nie na ‘n spesiale skool by te woon nie.
Sy is tans ‘n trotse leerder aan die Laerskool Midvaal.
Weens die agteruitgang van haar gehoor, word haar gehoor sintuig nie meer stimuleer nie en benodig sy dringend nuwe gehoorstukkies.

“Ongelukig het hierdie rondte ons as familie onkant gevang, daarom moes ons uitreik na die publiek aangesien die mediese fonds die gehoorstukke nie dek nie,” vertel pa Shawn Badenhorst.
Weens die dringendheid van die gehoorstukkies, het hulle dadelik begin deur ‘n “Back a Buddy” veldtog te stig. Hulle het ook ‘n Facebookblad geskep genaamd Lumé’s Sound of Hope.
“Ons het al ons vriende en familie gevra het om dit te versprei sover as moontlik om hopelik enige donasies te ontvang. Daarop het ons ‘n paar anonieme donasies ontvang wat ‘n groot boost gegee het. Hierdie donasies was direk aan MediHear oorbetaal, waar ons tot op datum tesame met Back a Buddy R22 778.17 ingesamel het,” verduidelik Shawn.
As deel van die fondsinsameling is kaartjies verkoop met ‘n groot husky soft toy (wat geskenk was) op die spel. Koste beloop R20 per kaartjie en is nog net vandag by The Retail Hub in Henley on Klip beskikbaar.
Die gesin benodig egter al die ondersteuning wat hulle kan kry.
Lumé se gesondheid was van kleins af in gedrang. Nadat sy op ‘n jong ouderdom gediagnoseer was met Bells Parsley, het ‘n magdom gesondehidskwessies ontwikkel.
Sedert die ouderdom van 4 jaar (in 2018), het haar ouers besef dat sy nie hoor as hulle met haar praat nie, maar dat sy wel ons lippe lees as sy vir ons kyk.
Van daar moes Lumé gehoorstukkies begin dra. Die gehoorstukkies moet ten minste elke tweede jaar vervang word.
“Alhoewel Lumé effes skaam en teruggetrokke is, is sy ‘n gelukkige kind wat altyd besig is met haar eie dingetjies. Sy hou van haar vriende en sukkel nie te erg om maatjies te maak nie, alhoewel sy baie selfbewus is,” vertel ma Lezelle.
Ten spyte van haar stryd, vaar sy fantasties in akademie en het in 2023, ‘n gemiddeld van 97% behaal. Sy speel ook graag netbal, en is baie suksesvol in die doel posisie.
“Tog, kan ons sien hoe uitgeput sy aan die einde van ‘n dag is, deur al die energie wat sy moet gebruik om op haar skoolwerk te fokus sowel as om die wêreld rondom haar te ontleed met visual cues,” sê haar ouers.
Maar selfs dit kry die jong dametjie nie onder nie. Sy is verskriklik lief vir buite speel, swem en om enige iets lekker saam haar ma en oumas te bak.
Sy is ook baie lief daarvoor om tyd saam met haar ouer sussie (Lara) te spandeer en om met die gesin se troeteldiere te speel.
Indien iemand bereid is om ‘n donasie te maak kan dit direk aan MediHear betaal word. Die gesin sal dit opreg waardeer.
MediHear Audiology and Speech
Current Account
Acc nr.: 119 258 4783
Branch Code: 198765
Reference: ROU1

