Local newsNewsNews

‘Grotmense’ se groot graad 8 kamp

Vaalpark Hoërskool se graad 8 kamp was een vir die boeke. Lees meer...

VAALPARK. – Vrydag was daar ‘n groot gedruis by Vaalpark Hoërskool. Nie net het 2023 se matrikulante hul uitslae ontvang nie, die graad 8’s (of die Grotmense soos die leerlingraad hul gedoop het) het reggemaak om te gaan kamp.

Op die stoepe het die bagasie gepak gestaan. Kompleet gelyk asof hulle vir ‘n maand weggaan.

Die graad 8’s ontspan bietjie langs die Vaaldam

“Net ‘n naweek,” het Vincent van Schalkwyk, tesourier van die skool se uitvoerende komitee die versekering gegee. Die uitvoerende komitee en leerlingraad het die groep juniors vergesel onder die wakende oog van die onderwysers.

Uiteindelik was almal gereed en is die tog na Miraneman on the Vaal aangepak. Gedurende die naweek het die jongklomp aan ‘n verskeidenheid spanbou aktiwiteite deelgeneem.

Die moddergat het bietjie gestink, maar hulle is almal daardeur. Mpume Londleni van die Engelse klas was die dapper een om eerste deur die gat te gaan.

Hy het dit geniet, maar wonder of dit nou regtig nodig was dat hulle in die middel van die nag wakker gemaak is, alles moes pak en toe die skoollied moes sing?

Sy vriend Ayden Rottcher skud ook sy kop oor die nagtelike eskapades, maar die glimlagte bly daar.

“Hou vas, ek is op pad.” Een van die graad 8’s op die hindernisbaan.

Al rek hul onderwyseres se oë omdat hulle van ‘torture’ praat. Een aand moes hul blykbaar ‘armystyle’ ‘sit ups’ doen, omdat die jongelinge nie tot ruste wou kom nie.

Beate en Mary-Ann van Schalkwyk het ook al die spanbou aktiwiteite geniet. Daar is onder meer flip-flop hokkie en volleyball gespeel en ‘n hindernisbaan oorkom.

Hulle het Sondagmiddag teruggekeer, moeg maar in goeie gees. Netjies in hul skooldrag is hul nou reg om hul plek in die skool vol te staan.

Al vier is dit eens dat Vaalpark Hoërskool die beste is en sien uit na hul kuns- en musiekklasse en natuurlik sport, van krieket tot atletiek

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button