NewsNews

Emile de Witt weer in die hof

Emile de Witt is weer in die kollig na sy nuutste hofverskyning.

MEYERTON – Emile de Witt, wie se naam herhaaldelik opduik in sake van eiendomsbedrog, het op 2 April weer vlugtig in die Randburg-landdroshof verskyn.

De Witt is op 19 Maart in hegtenis geneem op aanklagte van diefstal van meubels uit ‘n huis in Bryanston.

Daar is voorheen berig dat De Witt en sy saamleefmaat glo die eiendom beset het sonder om huur of rekeninge te betaal.

Volgens ‘n verklaring kort na die arrestasie deur privaatondersoeker Mike Bolhuis van Specialised Security Services (SSS), volg die inhegtenisneming nadat De Witt meubels uit die woning verwyder het, ondanks ‘n hofbevel vir sy uitsetting.

De Witt het die eerste keer op 23 Maart verskyn, maar die saak is tot 27 Maart uitgestel, glo omdat sy Vaaldriehoekse prokureur nie beskikbaar was nie.

Tydens die volgende verskyning op 2 April het hy ook nie ‘n regsverteenwoordiger teenwoordig gehad nie.

Die saak is toe uitgestel tot 15 April, en die hof het hom gewaarsku dat hy vir regshulp moet aansoek doen of homself tydens die borgaansoek moet verteenwoordig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button