Local newsNewsNews

Hekel saam vir ‘n wêreldrekord

Hier kom 'n vier-in-een wêreldrekord vir die Vaaldriehoek, maar vir eers word hande benodig.

VANDERBIJLPARK. – ‘n Serp van 35km, ‘n potjiekospot wat 3 000kg weeg, ‘n 1000 brode op een slag gesny en ‘n 1000 snye brood wat tegelyk gesmeer word.

Dis wat die Golden Triangle Chamber of Commerce (GTCoC) beplan vir Saterdag, 16 Maart.

Dis vier wêreldrekords wat hul sommer op een slag agter die Vaaldriehoek se naam wil skryf.

‘n Groot dag waarin daar maande se beplanning en organisasie lê. Met minder as twee maande voor D-dag word elke een wat ‘n hekelpen en vaswerknaald kan vashou opgeroep om te help.

Om uiteindelik ‘n 35km lange serp wat Afrika omring deur oseane uitbeeld te hê, word daar duisende serpe van 1m x 20cm benodig.

Dwarsoor die land is daar alreeds mense wat ywerig die hekelpenne hak, maar nog baie meer word benodig. Veral in die Vaaldriehoek. Dit is darem ons rekord. Alice de Jager van die GTCoC sê hulle verskaf die wol.

“Op die oomblik deel ons blou wol uit, want daar is baie oseaan op die prentjie,” beduie sy.

Die wol kan enige plek in SuidAfrika versend word. Hul enigste vereistes is dat die serpe gehekel moet wees (geen spesifieke patroon nie), dat dit presies 1m lank en 20cm breed moet wees en dat dit hulle teen 5 Maart moet bereik.

“Dan kort ons mense wat kan help vaswerk ook. Sommer sulke lekker rygsteke. Die serp moet net aanmekaarbly vir die meet en foto’s, maar daarna moet dit weer maklik losgetrek kan word,” het Jackie van Waveren, projekbestuurder van die Rotariër Klub van Vanderbijlpark verduidelik.

Daar gaan noukeurig boek gehou word van waar die serpe kom, sodat dit weer na die onderskeie groepe, kerke ens teruggestuur kan word om te versprei aan behoeftiges na goeddunke.

Alice sê ‘n ekstra bonus is dat mense wat serpe voltooi ‘n gratis kaartjie vir die dag se gebeure by die Emerald Casino sal ontvang.

“Dit sluit ‘n potjiekos-bunny chow ter waarde van R50 in, asook toegang tot die Rocking The Vaal vertoning met Tarryn Lamb, Ruhan du Toit, Refenste, Jo Black, Riaan Benadé en Samantha Leonard.”

Om deel te word van hierdie trots Vaaldriehoek-projek kontak gerus vir Sandy by admin@gtcoc.co.za of WhatsApp Alice de Jager by 82 778 1562 of Jackie van Waveren by 082 326 5228.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button