Soektog na man met spinnekop-tatoeëermerk
Ongeveer twee weke het verloop sedert Karel Minnie se spoorlose verdwyning.
MEYERTON. – Karel Minnie, ‘n 37-jarige man, word sedert 19 Januarie vermis.
Hy is as vermis by die polisie aangemeld.
Karel was glo op die oggend van sy spoorlose verdwyning om 07:00 na die Meyerton Gholf Klub, waar hy werk, onderweg, maar het nie weer na sy huis toe teruggekeer nie.


Die vermiste man het blou oë, is ongeveer 1.8 meter lank, het donkerbruin hare en ‘n tatoeëermerk van ‘n spinnekop op sy regterskouer.
Mense wat weet waar hy is kan vir George (078 740 5318), Dawie (079 418 7780), Quinton (083 255 3024), Beyers (082 811 2600) of Tania (064 289 1855) skakel.
Mense kan ook die Vanderbijlpark polisie of Missing Children South Africa by 072 647 7464 skakel.
