Local newsNewsNews

Doelgerig op wêreldrekordpoging

Groot kuier terwyl die hekelpenne flits. Lees meer...

VANDERBIJLPARK. – Die Hekel en Kekkel Girlz het die oproep om serpe te hekel vir die GTCoC se groot wêreldrekordpoging gehoor en dadelik die hekelpenne nader gepluk.

Die groep vriendinne ontmoet een Woensdagaand in ‘n maand om “saam te hekel en te kekkel” soos Linda Peters dit stel.

Die groep het sedert hul ontstaan al aan verskeie welsyns- en gemeenskapsprojekte meegedoen.

So was hul ook deel van die groot gebreide kombers in die vorm van die Suid-Afrikaanse landsvlag in 2019.

Marietjie Scott van die Hekel en Kekkel Girlz

Tans is hul besig om 1 m x 20 cm bloue serpe te hekel vir GTCoC se groot rekordpoging om ‘n 35 km lange serp te maak.

Die serp gaan Afrika uitbeeld en daar is heelwat blou oseaan wat gehekel moet word.

Indien jy by hierdie vrolike dames wil aansluit, kontak gerus vir Linda Peters by 083 562 3528.

Hul volgende hekelaand is by Stonehaven-on-Vaal, Woensdag, 21 Februarie om 18:00.

Sou jy wil help om serpe vir die rekordpoging te hekel, WhatsApp Alice de Jager by 082 778 1562 of stuur ‘n e-pos na admin@ctcoc.co.za. Wol word voorsien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button