NewsNews

Gibbons en Preen jaag na oorwinnings by SA-tydtoetskampioenskappe

Die Suid-Afrikaanse fietsrykampioenskappe vind dié naweek in Midvaal-plaas.

MIDVAAL. – “Verskoon my. Ek is vol sweet, maar die sweet wat op my voorkop sit is nie myne nie – dit is die sweet van al die mense wat ek vanmiddag verbygevat het.”

Só het Ryan Gibbons, Suid-Afrika se nuwe tydtoetskampioen, Vrydagmiddag skertsend gesê nadat hy die elite afdeling van die nasionale tydtoetskampioenskappe vir mans oorwegend gewen het.

Gibbons, wat deesdae vir die Lidl-Trek-fietsryspan ry en in Girona in Spanje gebasseer is, en Hayley Preen, een van Suid-Afrika se voorste vroue fietsryers, is Vrydagmiddag by Café du Cirque in Daleside as die wenners van die elite individuele tydtoetskampioenskappe vir mans en vroue gekroon.

Alan Hatherley en Brandon Downes moes tevrede wees met onderskeidelik die tweede en derde plek in die tydtoetskampioenskap vir mans.

Lucy Young (tweede) en S’annara Grové (derde) was die naaswenners in die vroueafdeling.

Die padwedrenne vind môre plaas en die padwedrenne vir die elite mans en vroue Sondag.

Ryan Gibbons aan die begin van die individuele tydtoets vir elite mans. Agter hom is Alan Hatherley, wat die tweede plek behaal het. Foto: Facebook/Cycling SA
Ryan Gibbons nadat hy die individuele tydtoets gewen het. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button