Local newsNewsNews
Helpende Hand skooltassie projek
Raak betrokke by Helpende Hand Vanderbijlpark-tak se skooltassie projek
VANDERBIJLPARK. – Naas skoolklere is ‘n eie skooltas baie belangrik vir elke graad 1’tjie.
Solidariteit Helpende Hand het in 2007 begin om skooltassies met skryfbehoeftes aan behoeftige graan een-leerders te skenk.
Hierdie jaar het hulle 29 skooltasse aan Laerskool Totius geskenk. Volgens Johann Viljoen van Solidariteit Helpende Hand Vanderbijlpark word daar elke jaar inligting oor die projek aan laerskole gestuur.
Skole kan aansoek doen vir die aantal tasse benodig na behoefte.
Die publiek kan ook help deur’n tas te borg. Vir meer inligting oor die projek en hoe om ‘n bydrae te maak, besoek www.skooltassie.co.za
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
