Local newsNewsNews

Struktuur brand in Meyerton-sakekern af

Dit is tans onbekend of daar iemand binne die struktuur was.

MEYERTON.- ‘n Swart rookwolk het Vrydagmiddag oor Meyerton se sakekern gehang.

Die Meyerton-brandweer se hulp is ingeroep toe ‘n stuktuur naby die staanplek vir informele handelaars in Juniusstraat vlam gevat het.

Die struktuur, wat blykbaar soos ‘n igloe of Eskimo-woning gelyk het, staan glo al ‘n geruime tyd daar.

Dit is in hierdie stadium onbekend of daar iemand in die struktuur was toe dit vlam gevat het.

Die polisie was ook op die toneel.

*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie. Vaalweekblad sal later meer breedvoerig berig as ons meer inligting ontvant. Die berig kan later aangepas word.

Die rookwolk wat Vrydag oor Meyerton gehang het. Foto: Christiaan Cloete
Brandweermanne op die toneel. Foto: Christiaan Cloete

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button