Local newsNewsNews

KYK: (Pelo)tonne fietsry aksie in Midvaal!

Die Suid-Afrikaanse padfiets en tydtoetskampioenskap word die naweek in Midvaal gehou.

MIDVAAL. – Suid-Afrika se voorste fietsrysterre is die naweek in Midvaal om dit uit te spook tydens die Suid-Afrikaanse padfiets- en tydtoetskampioenskap.

Die individuele tydtoetse is Vrydag gehou.

Fietsryers wat in ouderdomsgroepe meeding het Saterdagoggend die speke laat sing.

Die fietswedren vir elite vroue skop om 08:15 Sondagoggend af.

Die elite mans begin Sondagoggend om 10:15.

Die kampioenskap vind by Café du Cirque in Daleside plaas.

Fietsryers laat die speke sing tydens die Suid-Afrikaanse padfietskampioenskap. In die agtergrond is die Witkop Blokhuis, ‘n bekende baken in die Midvaal-omgewing. Foto: Christiaan Cloete

 

Twee fietsryers probeer saam om van die peloton af weg te breek. Foto: Christiaan Cloete
Fietsryers van die ouer garde in aksie tydens die Suid-Afrikaanse padfietskampioenskap in Midvaal. Foto: Christiaan Cloete
Ryan Gibbons op sy tydtoetsmasjien, op pad na ‘n oorwinning in die individuele tydtoets vir mans by die SA-tydtoetskampioenskap. Foto: Christiaan Cloete
‘n Fietsryer lig haar hande uit frustrasie vir ‘n kar wat op die verkeerde tyd op die verkeerde plek was tydens die Suid-Afrikaanse padfietskampioenskap. Foto: Christiaan Cloete
Veteraanfietsryers in aksie tydens die Suid-Afrikaanse padfietskampioenskap in Midvaal. In die agtergrond is die Witkop Blokhuis, ‘n bekende baken. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button