Local newsNewsNews

Beseerde biker bedank bystanders

'n Motorfietsryer wat op 6 Januarie deur n taxi omgery is op die R59 naby Sasolburg, is eers die afgelope week by sy volle bewussyn en wil graag die mense wat hom op die toneel gehelp het, bedank.

Louis Bezuidenhout (61) van  Welkom, en lid van die Ulysses Goldfields Motorfietsklub, het die oggend saam met ander lede van die klub by Rossi’s Bar gaan ontbyt eet.

“Op pad terug het ons verdwaal en op die pad van Sasolburg na Parys beland. Ek het voor gery en by die afdraai van Parys na Sasolburg ‘n minibus taxi sien aankom.

“Hy wou regs oor die pad by Sasol indraai en ek het spoed verminder vir ingeval hy nie sou stop nie. Die taxi het my gesien en spoed verminder wat my laat dink het hy was besig om te stop.

“Ek het in my truspieël gekyk om te sien waar die ander bikers agter my ry. Ek het vir ‘n sekonde weggekyk en toe ek terug kyk sien ek die taxi het nie gestop nie en het my op my regterkant getref,” vertel Louis.

Louis Bezuidenhout (61) in sy bospitaalbed.

“Dit was ‘n geweldige slag. Ek het in die pad gelê. Die bestuurder van die taxi het uitklim, na my gekyk en is terug in die taxi in. Hy het bo-oor my en die fiets gery en weggejaag,” vertel Louis.

Die gevolg was dat Louis sedert die ongeluk steeds in die Alberton Netcare Hospitaal is.

Hy sal nog sowat vyf weke in die hospitaalbed moed deurbring voor hy weer sal kan begin loop.

“Albei my onderbene is gebreek en my hak is vergruis. Dit gaan glo jare vat om reg tekom, maar ek bly positief,” sê Louis.

Hy is veral dankbaar oor al die bystand wat hy op die dag gekry het. “Daar was so baie Engele wat my te hulp gesnel het . Ek wil vir hulle almal diep uit my hart uit dankie sê”.

Hy doen ‘n beroep op mense wat foto’s op die toneel geneem het, om dit aan hom te stuur by 061 3043 249.

“Nogmaals dankie aan almal wat gehelp het,” sluit Louis af.

Louis bedank al die “Engele” wat hom op die ongeluksltoneel bygestaan het.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button