Local newsNewsNews

Vaalweekblad se graad 1 wenners

Dié kompetisie het dit vir ouers moontlik gemaak om met hul kleingoed op Vaalweekblad se blaaie te spog. Inskrywing vir die kompetisie was gratis.

Die oulikste kleingoed was vir die Great to be in Grade 1 kompetisie ingeskryf.

Vaalweekblad is saam met al die ouers trots op hul kleingoed.

Ons wens elkeen ‘n wonderlike skooljaar toe, en hoop dat hulle nog vele kere in hul laerskoolloopbaan op ons blaaie gaan pronk.

Daar is drie wenners gekies wat pretpryse ontvang. Die op-en-wakker klein rakker, Danel Jacobs van LS Eligwa in Vanderbijlpark is die wenner en is nou R500 ryker.

Die twee naaswenners is Lea de Bruin van LS Midvaal in Meyerton, en Ruben Zietsman van LS DF Malherbe in Vanderbijlpark, wat nou elkeen R200 by hul sakgeld kan voeg.

Wenner – Danel Jacobs van LS Eligwa.
Naaswenner – Ruben Zietsman van LS DF Malherbe.
Naaswenner – Lea de Bruin van LS Midvaal.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button