Local newsNewsNews

Ek sê maar net…

RUBRIEK. - Oor kollegas wat fietsry, dapper stappers en viervoetiges wat alles opvrolik.

RUBRIEK. – Die naweek was ek op diens en die aktiwiteite op die spyskaart het ‘n staptog Saterdag en ‘n fietswedren Sondag ingesluit. Om stories te doen en foto’s te neem, nie om self fiets te ry nie.

Ek het darem saamgestap tot so voorkant van die halfpadmerk toe gaan sit ek onseremonieel op die nat gras en wag dat die stappers weer terugkeer.

My skroefenkel het my aangekla van kindermishandeling en my tekkies het my gepynig.

Sondag het ek die fietsry geheel oorgelaat aan die passievolle fikses. Soos kollega Christiaan.

Staan ek en wonder wanneer die prysuitdeling gaan plaasvind, verskyn die man skielik langs my in sy bloedrooi fietsry-uitrusting. “Het jy die 50 km gedoen?” vra ek, want hy lyk heel fris en vrolik.

“105 km” skud hy kop. “Ek gaan nou rus.” Sjoe, nee kyk, as jy kan en wil dan is enige iets seker moontlik.

Kan en wil by sulke aktiwiteite ontbreek totaal en al by my. Tussen die Saterdag-stappers en die Sondag-trappers het die viervoetiges my opgeval.

Saterdag is daar gestap ter herinnering aan MS-lyers wat onlangs die stryd verloor het.

‘n Hele paar honde, kompleet met oranje strikke, het saamgestap. Te oulik aan hul leibande. Kan my net indink wat ons drie pekinese sou doen.

Binne 100 m sou hul sekerlik verder gedra moes word. Vermoed ook Kleinsus Antjie sou summier aan’t bakleie geraak het met honde baie groter as sy.

Sy hou daarvan om te stook en is altyd reg vir ‘n geveg, al steur Baba Bessie en Her Royal Naughtyness Heidi hul nie aan haar nie.

Geen viervoetiges het saam fietsgery nie, maar die 8-week-oue Roxy het saam met haar ma Danita van der Westhuizen naby die eindstreep vir haar, pa Rassie gewag.

Sy het rondgespeel en wou oral self loop op haar kort beentjies, maar uiteindelik het die lang wag vir haar te veel geword.

Nadat sy ‘n medalje by die beamptes ontvang het, het sy rustig in haar mens-ma se sak aan die slaap geraak.

Sy moes haar skooheidslapie inkry, want na haar pa se fietsrit sou hul nog in Randburg gaan kuier om haar vir die res van die familie te gaan wys voordat hul huiswaarts kon keer na Hartebeespoort. Dis blykbaar uitputtend om ‘n 8-weke oue Roxy te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button