Local newsNewsNews
Flinke optrede deur brandweer beperk skade
Die brand het glo ontstaan toe inwoners besig was om vetkoek te maak.
VANDERBIJLPARK. – Brandweermanne van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het Woensdagoggend help keer dat ‘n brand wat in Gillespiestraat in CE2, Vanderbijlpark ontstaan het, verder versprei.
Volgens Ettienne van Rensburg, Vaalweekblad se verslaggewer op die toneel, het die brand vermoedelik ontstaan toe inwoners besig was om vetkoek te maak.
Die huiseienaar was blykbaar besig om te slaap toe hulle die brand geruik het.
Die brandweer is op ‘n noodgroep ontbied en was betreklik vinnig op die toneel.
*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie. Vaalweekblad kan later meer breedvoerig berig of die storie aanpas indien ons nog inligting ontvang.





At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!