Local newsNewsNews
Man van Waldrif sak inmekaar by toneel van brand
‘n Brand het Dinsdagaand by ‘n huis in Waldrif in Vereeniging ontstaan.
VEREENIGING. – Die noodreaksiespan CERT-SA sê ‘n man van Waldfrif in Vereeniging het Dinsdagaand inmekaargesak op die toneel van ‘n huisbrand in die omgewing.
Volgens ‘n verklaring van CERT SA het die Vaal-span gereageer op ‘n noodoproep wat 20:04 ontvang is oor ‘n huis in dié woonbuurt wat brand.
“Een pasiënt is op die toneel geassesseer nadat die persoon inmekaargesak het. Die pasiënt wou nie na die hospitaal geneem word nie,” lui ‘n uittreksel uit die verklaring.
Die noodreaksiespan het die Gautengs-nooddienste, die Emfuleni-brandweer en ‘n plaaslike veiligheidsmaatskappy bedank vir hul bystand tydens die noodgeval.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!