Local newsNewsNews

Vaalweekblad kry nuwe baadjie

Die Vaalweekblad het 'n transformasie ondergaan, maak seker jy kry die eerste kopie vandag nog.

VANDERBIJLPARK. – Vrydag, 9 Februarie is die eerste van die “nuwe” Vaalweekblad te koop.

Die Vaalweekblad se joernaliste en van die verkoopsverteenwoordigers gaan vanmiddag koerante, voor onder andere Mica in Vanderbijlpark en die Palms inkopiesentrum versprei asook by Riversquare in Vereeniging.

Lise-Mari van Vuuren en Anneline Havenga het gehelp om die promosie koerante reg te kry.

Vroegoggend het MooiVaal se admininistratiewespan ingespring om al die promosiekoerante hul spesiale baadjies te gee.

Die Vaalweekbladspan is in hul skik met die koerant se nuwe voorkoms en talle nuwe dinge om te lees in die koerant.

Van nuusbrokkies tot by harde nuus, kompetisies, Ek sê maar net en die nuwe Ons weet wat ons weet, waar jongelinge gevra word wat hulle oor dinge, soos Valentynsdag, skoolgaan en beurtkrag dink.

Lerato Shale en Penelop Müller spog met die nuwe Vaalweekblad.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button