Local newsNewsNews

Valies mik vir 4 wêreldrekords!

Valies wil wêreldrekords breek en daar is groot pryse op die spel. Klik op die skakel en lees hoe jy kan wen.

VANDERBIJLPARK. – Die Vaaldriehoek is in rep en roer oor Rocking the Vaal wat 16 Maart by die Emerald Resort & Casino plaasvind.

Op die dag, georganiseer deur die Golden Triangle Chamber of Commerce (GTCoC), gaan daar gepoog word om vier wêreldrekords te breek.

Die eerste is ‘n gehekelde serp van 35 km, die tweede is die meeste brood gebreek op een slag, die derde is die meeste broodjies gesmeer op een slag en vierde is die grootste potjie in die wêreld.

Laasgenoemde is ‘n 3 000 kg pot wat spesiaal gegiet word vir die dag. Honderde potjies gaan van vroegdag prut om uiteindelik in die groot pot saam te kom.

Die serpe en meeste van die potjiekos sal aan behoeftiges uitgedeel word. Die dag en aand word verder opgehelder deur van Suid-Afrika se beste kunstenaars op die groot verhoog, insluitend Tarryn Lamb, Ruhan du Toit, Refentse, Jo Black, Riaan Benadé en Samantha Leonard.

Kompetisietyd!

Vir Valies wat beplan om in die dag se pret te deel is daar lekker pryse op die spel. Die enigste voorwaarde is dat jy reeds ‘n kaartjie vir die dag moet hê om in aanmerking vir die pryse te kom.

Die eerste prys ter waarde van R9 000 is: Naweek akkommodasie vir 2 persone by die Emerald Resort & Casino Bush Lodge, ontbyt ingesluit, ‘n paartjie massering, ‘n R500 ete bewys, toegang tot die Aqua Dome en Animal World, ‘n ontspanningsvaart op die Liquid Lounge, ‘n wildrit en 10 x Diamond Drop kaartjies.

Tweede prys ter waarde van R4 300 is: Naweek akkommodasie vir 2 persone by Emerald Resort & Casino Chalets, toegang tot die Aqua Dome en Animal World, ontspanningsvaart of die Liquid Lounge, ‘n wildrit en 6 x Diamond Drop kaartjies.

Derde prys ter waarde van R1 200 is: 4 x Adventure Passports en 4 x Diamond Drop kaartjies.

Kaartjies is beskikbaar by https://tickets.tixsa.co.za/event/ rocking-the-vaal teen R195 pp wat ‘n ete insluit.

So neem jy deel

Stap 1. Koop jou kaartjie aanlyn

Stap 2. Druk jou kaartjie uit

Stap 3. Glimlag en neem ‘n selfie met jou kaartjie in jou hand

Stap 4. Deel dit op Facebook met #VaalweekbladRocks (deel dit op jou eie Facebook of tag Vaalweekblad so: @Vaalweekblad).

BONUS Stap 5. – Neem ‘n selfie met jou kaartjie én ‘n kopie van Vaalweekblad en deel dit op Facebook met #VaalweekbladRocks (deel dit op jou eie Facebook of tag Vaalweekblad) vir ‘n verdere kans om R1 000 kontant te wen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button