Local newsNewsNews

Vaalweekblad spog met ‘n nuwe, vars voorkoms

Dit was tyd! ‘n Koerant moet saam met sy gemeenskap en die voordurend veranderende samelewing groei.

Daar is goed beplan en hard gewerk om al die veranderinge aan te bring.

Selfs ons ikoniese mashoof is so effens geskaaf, maar nie te veel nie. Ons bly steeds Vaalweekblad in hart en siel.

Die vars nuwe uitleg maak ook van moderne tegnologie op die blaaie gebruik om ons lesers die beste nuusdekking te bied.

Behalwe vir al die belangrike nuusgebeure in ons streek, streef ons daarna om weekliks gebalanseerde leesstof in die koerant te plaas.

Daar is nuusdekking oor gemeenskap gebeure, lekkerlees berigte oor mede-Valies, kompetisies (met kontant of pretpryse op die spel), skolenuus, sportnuus, kuns en vermaak en meer.

Vaalweekblad is reeds verskeie kere as die Forum vir Gemeenskapkoerante in Suid-Afrika as Koerant van die Jaar gekroon. Ons pryswenner-verslaggewers tel onder die beste in die land.

Ons wil ‘n wenkoerant vir ons gemeenskap wees.

Kontak ons gerus met enige nuuswenke, ons redaksiespan wag om van julle te hoor:

Elsje Vermeulen (Senior Redakteur – Elsje@mooivaal.co.za).
Ettienne van Rensburg (sportnuus – Ettienne@mooivaal.co.za)
Gerda Bruinette (nuus uit Vanderbijlpark/Sasolburg – 
Email: Gerda@mooivaal.co.za).
Christiaan Cloete (nuus uit Vereeniging/Meyerton
Email: Christiaan@mooivaal.co.za).

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button