Local newsNewsNews

Wayne kan weer loop

Die gemeenskap het hul harte en hande oopgemaak en daar was trane van verligting en vreugde.

VEREENIGING. – Wayne Lendrum, die groot biker met die sagte hart, se beker loop oor.

In Vaalweekblad van 26 Januarie het hy vertel hoe hy bykans nie meer kan loop van die pyn nie.

Wayne kan nou weer gemaklik loop. Foto’s verskaf

Sy een been is geamputeer en die stompie het in so mate gekrimp dat sy been se “socket” en “sleeve” te groot geraak het.

Elke tree was vir Wayne ʼn pyniging, maar om die boonste gedeelte van sy prostese te vervang sou ʼn minimum van R20 000 kos.

Nadat die berig en ʼn oproep om hulp in die Vaalweekblad en dieselfde dag op Vaalweekblad.com verskyn het, was die reaksie oorweldigend.

Die volgende dag het Wayne bevestiging ontvang van Ruwan Kleinsmit van Kleinsmit Orthopaedics ontvang dat genoeg fondse inbetaal is vir hom om ʼn nuwe socket en sleeve te kry.

“Ek was verstom en baie dankbaar. Mense het my van oraloor gekontak en gesê hulle dink aan my, ander het dadelik geld by die prostetis se rekening inbetaal. Almal het gevra om anoniem te skenk. Ek kon dit nie glo nie,” vertel Wayne.

ʼn Week later het die groot dag aangebreek en is Wayne Roodepoort toe om die nuwe sleeve en socket te kry.

Dit is ʼn hele proses, aangesien daar ʼn gips afdruk van sy been gemaak moet word ten einde te verseker dat die nuwe been presies pas.

Na sy eerste naweek met die blinknuwe socket en gemaklik sleeve het Wayne opgewonde laat weet dat hy glad nie meer seer het as hy loop nie.

“Ek kan nou weer loop. Dis ʼn groot seën vir my en ek is dankbaar dat daar nog so baie mense daar buite is wat bereid is om te help. Sommer net omdat hul kan.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button