Local newsNewsNews
Twee beseer in ongeluk op Plaaskombuispad
Die mans is op die toneel behandel en na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.
MEYERTON. – Twee mense Saterdagaand beseer in ‘n ongeluk op die Plaaskombuispad.
Volgens die noodreaksiespan CERT-SA is ‘n noodoproep omstreeks 21:30 ontvang rakende die botsing.
‘n Voertuig wat by die ongeluk betrokke was het gerol en langs die pad tot stillstand gekom.
Twee mans het beserings opgedoen en is op die toneel behandel.
Hulle is na ‘n nabygeleë mediese fasiliteit geneem vir verdere mediese behandeling.
Die Midvaal Brandweer, ER24 en A Assist Towing het met bystand op die toneel gehelp.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!