Local newsNewsNews

Emfuleni-padrehabilitasieprojek skop in Drie Riviere af

Altesaam 40 paaie in Emfuleni sal as deel van hierdie projek getakel word.

VEREENIGING. – Die Gautengse departement van paaie en verkeer skop vandeesweek ‘n projek af om altesaam 40 paaie in die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit te rehabiliteer.

Die projek sal glo in twee fases aangepak word, waarvan die eerste fase glo sowat twee maande sal neem.

Beamptes van die departement, kontrakteurs en ander belanghebbendes was Woensdagoggend op die hoek van Golfweg en Brandmullerrylaan in Drie Riviere (Wyk 1 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit) vir ‘n vergadering.

(Golfweg is een van die strate wat gerehabiliteer sal word).

Dalene Venter, raadslid vir Wyk 1 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (Drie Riviere), het tydens die vergadering gesê sy is baie dankbaar dat die departement kontrakteurs aangestel het om die paaie te herstel.

Sodra julle begin sal julle sien dat daar so baie slaggate in hierdie buurt is dat julle nooit sal klaarkry nie. Julle sal 80 jaar oud wees teen die tyd wat ál die slaggate in hierdie buurt alleen herstel is,” het sy skertsend gesê.

Ten minste kan ons nou sê dat ons iewers begin het en nou al vier strate in die woonbuurt takel,” het sy bygevoeg.

Vaalweekblad wag nog vir ‘n amptelike verklaring wat deur Lindiwe Nkosi, ‘n woordvoerder vir die departement van paaie en vervoer, oor die projek gestuur sou word.

Vaalweekblad verstaan dat Golfstraat, Maricostraat, Assegaaistraat en Umgenistraat in Drie Riviere as deel van die projek gerehabiliteer sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button