Local newsNewsNews

Slaggate by ouetehuis: Inwoners maak sélf paaie reg

Nooddienste het gesukkel om die ouetehuis te bereik as gevolg van die toestand wat die pad in was.

VEREENIGING. – Inwoners van Leeuwkuilrylaan in Duncanville het hande in hul sakke gesteek om fondse in te samel om Leeuwkuilrylaan, se padoppervlak te herstel.

Die rylaan is ‘n belangrike toegangspad tot die Avondrus Ouetehuis. Volgens Elize Aucamp, raadslid vir Wyk 45 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, het nooddienste gesukkel om die ouetehuis te bereik as gevolg van die toestand waarin die pad was.

Nelmarie Ruysch, ‘n inwoner wat die projek gedryf het, sê inwoners was eenvoudig keelvol vir die stand van die pad en die feit dat daar feitlik nooit herstelwerk gedoen word nie. Volgens Ruysch moes daar iets gedoen word.

Nelmarie Ruysch vertel vir Vaalweekblad hoe inwoners geld ingesamel het om Leeuwkuilrylaan te herstel. Foto: Christiaan Cloete

“Die pad is in ‘n slegte toestand want hy dra eintlik baie verkeer. Ek het vir die Vaal Business Cooperation (VBC) gebel en gevra dat hulle vir ons ‘n kwotasie gee vir hoeveel dit gaan kos om die pad te herstel. Ons (‘n paar inwoners) het gesê ons wil die pad herstel sover ons kan,” vertel Ruysch.

Nadat VBC ‘n kwotasie vir die herstel van die pad gekwoteer het, het Ruysch die kwotasie op verskeie WhatsApp groepe waarvan sy admin is gedeel en gevra of inwoners ‘n bydrae wil lewer om die pad te herstel.

Geld is op dié wyse ingesamel.

Nadat genoeg geld ingesamel is, het werkers van VBC op Donderdag 8 Februarie met herstelwerk begin.

Volgens Aucamp, het inwoners ongeveer ‘n jaar terug ‘n petisie ingedien waarin hulle gevra het dat die pad herstel word. Tot vandag toe nog het daar niks van gekom nie.

“Elke keer wat ek met die (Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit) se paaie afdeling praat is die antwoord altyd dieselfde; Daar is nooit materiaal om herstelwerk te doen nie,” sê sy.

Elize Aucamp, raadslid vir Wyk 45 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, in Leeuwkuilrylaan in Duncanville, waar slaggate onlangs reggemaak is danksy lede van die gemeenskap se bydraes. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button