Local newsNews

‘Die Here het my deurskynend gemaak’

Vrou vertel van skok-ervaring tydens huisroof

VANDERBIJLPARK. – ‘n Middeljarige vrou van die CE5-woonbuurt het onlangs ‘n skrikwekkende ervaring gehad toe rowers by haar huis ingebars en letterlik binne sekondes haar TV en ander waardevolle artikels voor haar oë gegryp en gevlug het.

Die vrou het versoek om nie geïdentifiseer te word nie, maar sy wil nogtans haar verhaal vertel om ander inwoners van die gebied bewus te maak van die gevaar.

Sy vertel hier in haar eie woorde:
“Ek wil Vaalweekbladlesers net waarsku: Daar is vyf swartmans wat met ‘n wit en swart voertuig ry en huisroof pleeg. Ek is nie doodseker van die voertuig se fabrikaat nie maar ek vermoed dis ‘n Renault Clio.
“Ek het op 2 Februarie beleef hoe hulle binne twee minute jou staaldeur oopbreek en inkom … en dit terwyl ek TV kyk. Nadat een inbreker die TV voor my oë gegryp en die ander een my laptop in my kombuis gegryp het, het hulle uitgehardloop en oor die muur gespring. Hulle is toe terug in hul kar in en het weggejaag.

“Dit het die middag omstreeks 14:30 gebeur en jy kry geen polisie in die hande nie. Hulle fone lui net, of hulle het niemand beskikbaar om jou te help nie, of hulle sit jou deur na ‘n sektorvoertuig maar niemand antwoord of reageer nie. Ek is nog steeds gerattle.

“Kyk maar uit en wees veilig. Gelukkig is ons gesin ongedeerd en ek dank die Here daarvoor. My man het in daardie stadium ‘n bietjie gaan lê en ons seun was in sy kamer. Ek vermoed die rowers het my nie eers gesien nie. My seun het agterna gesê hy dink die Here het my “deurskynend” gemaak.” :-)

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button