Local newsNewsNews

Seun (19) se gesig op vier plekke gebreek

VEREENIGING. - Hy is “fearless crazy” op sy motorfiets met ‘n lus vir die lewe, maar nou is sy gesig op vier plekke gebreek en sy waaghalsdrome lê ook aan skerwe - maar nie weens sy waaghalstoertjies nie.

Aidan Roos het op 2 Februarie sy 19de verjaardag gevier. Hy was op ‘n goeie plek in sy lewe, want daar het ‘n groot avontuur vir hom voorgelê.

Aidan wat ‘n passie het vir offroad motorfietse en fietsry, het ‘n werksaanbod gekry om in Maart oorsee te gaan om waaghalstoertjies vir mini movie scenes te doen.

Aidan is ‘n ware waaghals op sy motorfiets.

Maar presies ‘n week na sy verjaardag het sy lewe in ‘n oogwink verander. Aidan was op 9 Februarie saam met ‘n vriend by die River Walk-winkelsentrum in Drie Riviere.

Dit het gereën en hy het by die steil opdraande voor die sushi wegneemete restaurant gegly en met sy gesig in die hoek van die handreling geval.

Die hoek van die handreling waarteen Aidan geval het.

“Hy het my gebel en gesê: “Mamma ek het geval. Ek het al tien keer oor my gesig gevryf om te kyk of daar bloed is, maar daar is geen bloed nie,” vertel Roeline Botha, Aidan se ma.

Sy en haar man Joe (Aidan se stiefpa) het dadelik daarheen gery om Aidan te gaan help.

“Ons het hom gekry waar hy geval het. Hy het daar inmekaargesak en kon nie opstaan nie. Ons het dadelik geweet daar is groot fout,” vertel Roeline.

Hulle het hom ongevalle toe geneem en na verskeie oproepe aan hul mediese fonds (Discovery Flexicare), is daar uiteindelik vasgestel dat daar wel ‘n traumadekking van R430 000 beskikbaar was.

“Dit was vir ons ‘n groot verligting, want ons het geweet hy kan die sorg kry wat hy moet. Aidan met sy lang, maer lyf was steeds in skok. Hy is op ‘n buisvoeding (‘n drip) gesit en ‘n CT-skandering is gedoen,” vertel Roeline.

Toe kom die slegte nuus. Aidan se gesig is op vier plekke gebreek.

Aidan en ma Roeline voor Aidan se frantsongeluk.

“Die dokter het aanbeveel dat ons hom huis toe neem om die trauma fondse te spaar vir die operasie, omrede hul niks verder kon doen voordat die swelling nie gesak het nie,” sê Roeline.

Na ‘n lang stresvolle naweek skakel die dokter se ontvangsdame hulle die Maandag met die nuus dat die mediese fonds nie magtiging wil gee vir die operasie nie.

“Dis glo omdat hy ontslaan was en nog tienduisend verskonings. My hart was stukkend en ons was raadop. Die operasie beloop sowat R130 000. Waar kry mens dié geld?,” vra Roeline.

Die operasie is egter ‘n noodsaaklikheid en moet Maandag, 19 Februarie plaasvind. Die spiere in Aidan se gesig is ook beskadig, asook sy oog se senuwees en spiertjies. Selfs na afloop van die operasie sal Aidan lank neem om volkome te herstel.

“Mens hoor altyd van mense wat fondsinsamelings reël vir verskeie redes, nooit het ek gedink ons sal ook een van daardie mense wees nie.

“So ek vra die gemeenskap van die Vaaldriehoek om hulp. Wees ons asb. goedhartig en help my seun. Enige donasie sal opreg waardeer word,” vra Roeline.

Mense wat Aidan met ‘n geldelikde bydrae kan help, kan dit direk in sy rekening betaal: 

Mr AS Roos
Capitec rek: 1397686845
Takkode: 470010

Aidan se waaghalsdrome oorsee lê aan skerwe en ‘n lang pad tot herstel lê voor.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button