Local newsNewsNews

Atlete skitter by Willie Roux-byeenkoms

SASOLBURG. - Die HS Sasolburg-atlete het behoorlik die krane oopgedraai tydens die tweede Willie Roux-uitnodingbyeekoms wat verlede Saterdag by die DP de Villiersstadion gehou is.

Dié hoogtepunt op die skool se sportkalender het atlete van altesaam 18 hoërskole in aksie gesien.

Die ander plaaslike skole wat deelgeneem het sluit in: Afrikaans Hoërskool Sasolburg;
HS Overvaal, HTS Sasolburg, Curro Vanderbijlpark en HS Vaalpark. Daar was ook atlete van Valia en NWU wat individueel deelgeneem het.

Die son het neergebak, maar selfs dit kon nie keer dat die deelnemers puik presteer het nie. Daar het baie rekords in die slag gebly, waarvan 27 aan atlete van die HS Sasolburg behoort. (Die volledige uitslae in die week se Vaalweekblad, 16 Februarie).

Ketsia Banutelo, die skool se blitsigte naelloper, het vir van die mees indrukwekkende vertonings van die dag gesorg en ook die meeste tabelpunte verdien (870) vir haar rekordtyd van 12.28s in die 100 m vir d.o/16.

Vaalweekblad se Elsje Vermeulen was daar om die aksie vas te vang.

HS Sasolburg se blitsige naelloper, Ketsia Banutelo, het drie rekords laat spat.
Valia se Christi Louw wys hoe moet dit gedoen word. Sy het skitterend presteer in die paalspring vir d.o/17.
HS Sasoblurg se Mandle-Nkosi Gexa het die 200m gewen én ‘n nuwe rekord in die 100m vir s.o/17 opgestel.
‘n Atleet van Welkom Gimnasium gee haar beste in die driesprong vir d.o/19.
‘n Atleet van Afrikaans HS Sasolburg op spoed in die 100m vir s.o/17.
HS Sasolburg se Kylin Fourie het ‘n nuwe rekord van 35.32m in die spiesgooi vir d.o/15 opgestel.
Die tweeling van NWU-atletiekklub het hul beste gegee in die moeilike paalspring-item.
Hy was die keer veilig oor die lat en kry die witvlag as bevestiging.
HS Sasolburg se s.o/17 aflosspan op die podium vir hul goue medaljes. Van links is: Mandle-Nkosi Gexa, Dintle Banyane, Andile Mlenga en Musa Ntuli.
‘n Welkom Gimmies-atleet wys hoe word dit gedoen in die driesprong vir s.o/19.
Nailed it! Dit is voorwaar nie ‘n maklike item nie.
HS Sasolburg se Musi Twala in aksie in die 100m naellope.
‘n NWU-atleet in aksie in die paalspring vir d.o/17.
100m-hekkies aksie vir s.o/14.
Die paalspring item het vir baie opwinding gesorg, hoewel daar min deelnemers was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button