Local newsNewsNews

Chuck Kaaswors deel drukkies uit

VANDERBIJLPARK. - Chuck Kaaswors, die Vaal se eie Tik Tok-koning, het onlangs by die Pioneer Huis gaan inloer. Behalwe dat hy die inwoners se dag opgekikker het, het hy hulle ook met lekker sop en baie drukkies bederf.

“Ons het dit so waardeer. Die meeste van die inwoners het nie eers TIK TOK nie, maar hulle almal ken vir Chuck en kon nie genoeg foto’s saam met hom neem nie.

“Julle sal nie glo hoeveel bejaardes het na sy kuier kantoor toe gekom sodat TIK TOK op hul fone afgelaai word nie,” vertel me. Sonja van Rhyn (Pioneer Huis-administrasie).

Chuck werk nou voltyds vir mnr. Fanie de Jongh en spandeer meeste van sy tyd om liefdadigheidswerk te doen.

Die lewe is lekker met Chuck in die geselskap. Francis Pieterse kry ‘n drukkie van Chuck.

Dit is duidelik dat almal Chuck en Fanie se besoek sommer baie waardeer het.

“Ons kan nie wag vir jou volgende kuier nie,” het inwoners op Pioneer Huis se Facebookblad gesê.

En gelukkig het hulle toe nie lank gewag nie, want verlede Donderdag was Chuck terug om vir hulle te sing.  Plaaslike sangeres Lizz het die keer saam met hom vir die vermaak gesorg.

Mooi so Chuck, jou glimlag kweek meer glimlagte.

Ja hier sit die manne! Chuck saam met Hendrik Wiese (links) en Steve Calitz.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button