Local newsNewsNews

Beads, die laatlam kraanvoëlkuiken

Dis nie aldag dat mens kraanvoëlkuikens sien nie. Kyk net hoe oulik is Beads en die ander kuikens.

Beads kry sy naam omdat sy ogies soos kraletjies lyk, verduidelik sy mensma Eleanor Calitza van Vanderbijlpark.

Hy is uit ‘n broeimasjien gebroei en is ‘n laatlam.

Die ander baba kraanvoëls in hul sorg is al twee maande oud. Beads kort dus bietjie meer aandag (of is dit dalk bederf) omdat hy alleen is.

“Ons stap elke dag so 2 km met die babas sodat hulle nie skewe bene en tone kry nie.”

Beads het verlede week begin om saam met die groter babas te stap. As die ander wei, verkies Beads dit eerder om op sy ma se skoot te sit.

Beads sit op ma Eleanor se skoot.
Nog een van die klein kraanvoëlkuikens.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button