Local newsNewsNews

Elke hond kry sy (bederf) dag

VANDERBIJLPARK. - Diereliefhebbers word gevra om 'n hond by Vaalpets se bad, dip en borsel teen net R20 te borg. Al die fondse word aan Vaalpets geskenk.

“Ons bedank elkeen wat die projek ondersteun. Sonder elke bydrae, groot of klein, sou ons nie die projek kon aanpak nie,” sê Irene Britz, eienaar van die Vlooi en Bosluis Taxi.

Die Vlooi En Bosluis Taxi (Mobile Doggy Grooming Service) se jaarlikse Doggy Wash-projek by Vaalpets het aan die begin van Januarie afgeskop en duur steeds voort.

Om deel te wees van die projek is maklik. Dit kos R20 per hond en dan word die fondse aan Vaalpets geskenk om kos te koop vir al die diere in hul sorg.

Irene-hulle verkoop ook nou spekboompies teen R20 as deel van die fondsinsameling.

Die spekboompies is te koop as deel van die fondsinsameling vir Vaalpets.

Dis ‘n groot taak want sowat 300 honde moet gebad, gedip en geborsel word.

“Dis lekker om ‘n jaar met ‘n liefdadigheid te begin,” sê Irene. Sy en haar span het die projek vir die eerste keer in 2019 aangepak.

Vanjaar het sy, haar man Christoffel, hul peetkind Mieta Nelson en die twee wassers (Jessica Taylor en Geraldine Eckley) reeds 26 x 20kg sakke hondekos gekoop met die projek.

Irene het in besonder vir Roco Mamas Vanderbijlpark bedank vir die ondersteuning en donasie, asook Pet Foods Warehouse vir die afslag op die kos.

Belangstellendes wat meer wil weet oor die projek, of ‘n bydrae wil maak kan Irene by 084 455 2147 kontak.

Bankbesonderhede vir ‘n geldelike bydrae tot die projek is:
Vaalpets doggy wash 2024
Capitec
Rekening nommer: 1595494543
Takkode: 470010

Irene Britz (regs) saam met Danielle van Rooyen van Vaalpets by die sakke hondekos wat danksy die projek gekoop en aan Vaalpets geskenk is.
Die honde geniet die aandag tydens die gebad, gedip en geborsel sommer baie. Hier is Mieta Prinsloo en een van die Vaalpets ‘inwoners”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button