Local newsNews

‘Ongelukke is nie die brug se skuld nie!’

Die oorsaak van die ongelukke moenie by die brug gesoek word nie, maar eerder by die bestuurders, meen sommige lesers.

 

Verskeie ongelukke het die afgelope maande op die Magrieta Prinsloo-brug in Oranjeville plaasgevind. Die inwoners van die dorp sowel as heelwat hengelaars van die Vaaldriehoek en omstreke gebruik die brug gereeld. Sommige lesers meen die brug is verkeerd ontwerp, daarom soveel ongelukke, maar ander se opinie is dat sommige motoriste net roekeloos ry. Lees wat Manie Nelson daaroor sê:

Manie Nelson van Vanderbijlpark skryf na aanleiding van lesers se kommer oor toenemende ongelukke op die Magrieta Prinsloo-brug in Oranjeville:
Ek het verlede week ‘n paar keer oor daardie brug gery toe ek vir ‘n week by Oranjeville gaan hengel het. Daar is niks fout met daai brug nie. Hy staan al jare daar.
Die ongelukke is net weens motoriste wat windgat of nalatig is en nie by die padreëls hou nie. En nou is dit skielik die brug se skuld!
Die brug self is in ‘n baie goeie toestand – self die pad op die brug het geen slaggate nie. Dit is alles nonsens-verskoning.
Bly by die spoedgrens, volg die reëls en hou op verskoning soek. As jy nie behoorlik kan bestuur nie, laat jouself hertoets vir jou bestuurslisensie.

Argieffoto’s onder:

Argieffoto: Dié voertuig is in 2021 uit die water gehaal nadat die bestuurder teen die brugreling gebots en die voertuig in die water beland het.

 

Dié voertuig het in die mees onlangse voorval teen die brugreling gebots.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button