Local newsNewsNews

Operasie groot kuier by Vaalpark Primêr

Ouers en onderwysers leer mekaar beter ken by jaarlikse braai.

VAALPARK. – Die ouer en onderwyser braai by Vaalpark Primêr is altyd ‘n hoogtepunt op die skool se jaarkalender. Hierdie jaar is die braai Woensdag, 31 Januarie gehou.

Ané Stander, Olivia Harding, Cobus Botha, Rudo-Steph Mouton en Nikcus Kriel ontspan terwyl hul ouers braai.

Daar was omtrent ‘n gedruis by die skool toe ouers, leerders en personeel gewapen met hul eie vleis, koeldrank, stoele, eetgerei en glase opgedaag het.

Die vure was teen 17:30 gereed en die skool het die broodrolletjies en slaaie voorsien.

Terwyl die kinders op die rugbyveld gespeel het, het ouers en onderwysers die kans gehad om mekaar op ‘n informele vlak beter te leer ken.

Volgens die skool se skakelbeampte, Charmaine Kriek het 1210 mense die braai bygewoon.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button