Local newsNews

Opwindende nuus vir aspirant sangers!

Die eerste uitdunrondte vind plaas op Sondag, 25 Februarie. Vir meer inligting, kontak 084 484 8707 of 083 625 0365

Alle voornemende sangers wat graag gehoor wil word maar nie die finansies het om hulself op eie koste aan die breë publiek bekend te stel nie, kan nou deelneem aan ‘n opwindende projek. Boonop is alles vir ‘n goeie doel!
Die projek, “The Voice of Dorp Toe”, word aangebied deur Dorp Toe Pub and Grill in Vereeniging, in samewerking met die sanggroep The Wolfpack.
Hierdie is ‘n professionele sangkompetisie wat oop is vir alle sangers – maak nie saak of jy al voorheen of nog nooit aan so-iets deelgeneem het nie. Almal is welkom.

Verskeie opwindende pryse sal op die spel wees.
Die kompetisie is oop vir alle solo- of duetsangers bo die ouderdom van 12 jaar. Inskrywingsgeld beloop R100.
Toegang vir die publiek is gratis, maar daar word versoek dat almal een item nie-bederfbare voedsel of toiletware sal saambring. Die artikels sal deur Dorp Toe aan plaaslike diensinstansies, onder andere Eagle Wings, geskenk word.
Die eerste uitdunrondte vind plaas op Sondag, 25 Februarie. Vir meer inligting, kontak 084 484 8707 of 083 625 0365 (slegs WhatsApps asseblief).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button