Local newsNewsNews

Emfuleni-kontrakteur se swak vakmanskap onder vergrootglas

Die vakmanskap is van 'n bedenklike gehalte.

Die VF Plus het ná ʼn oorsigbesoek van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se finansiële komitee aan ʼn stormwaterstelsel-projek, versoek dat dit tydelik gestaak word weens swak vakmanskap.

Volgens rdl. Gerda Senekal, ʼn VF Plus raadslid in die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het die VF Plus, munisipale amptenare en verskeie partye die projek besoek omdat die kontrakteur in Mei verlede jaar al die projek moes afhandel.

Die kontrakteur het twee jaar gelede teen ʼn bedrag van R8 miljoen begin om ʼn nuwe stormwaterstelsel te bou langs Westinghouselaan in Vanderbijlpark.

Die stormwaterkanaal moet ook met betondeksels bedek word wat opgelig kan word om dit skoon te maak.

Die kontrakteur, wat reeds R4 miljoen vir die werk ontvang het moet ook eersdaags met die herseëling van die pad begin.

Volgens Senekal is daar tydens die oorsigbesoek gevind dat van die nuwe betondeksels gekraak is en die handvatsels van dun metaal gemaak is

“Die VF Plus het daarop aangedring dat die kontrakteur eers aan die munisipale raad kom verduidelik oor hoekom sulke swak kwaliteit werk gelewer is alvorens daar met die kontrak voortgegaan word.

“Die party sal nie toelaat dat kontrakteurs miljoene betaal word om substandaard werk aan die munisipaliteit te lewer nie,” së Senekal.

Raadslid Gerda Senekal van die VF Plus in Emfuleni.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button