Local newsNewsNewsSport

KYK: Midvaal-swemmertjies swem ‘n storm los!

Laerskool Midvaal se swemgala het Dindsdagmiddag hope waterpret opgelewer.

MEYERTON. – Leerders van Laerskool Midvaal het Dinsdag die geleentheid gehad om hul swemvernuf tydens die skool se swemgala ten toon te stel.

Die swemgala is Dinsdagmiddag tussen 14:00 en 16:00 by die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se munisipale swembad in Meyerton se middedorp – waarskynlik een van die bes instandgehoude munisipale swembaddens in die Vaaldriehoek -gehou.

Die geleentheid was hope pret, maar ongelukkig het ‘n dreigende  laatmiddag donderstorm die verrigtinge vroegtydig kortgeknip.

Vaalweekblad het gaan inloer.

Louwerens Els van Laerskool Midvaal in askie tydens die swemgala. Foto: Christiaan Cloete
‘n Swemmer van Laerskool Midvaal stel sy swemvernuf ten toon tydens die skool se swemgala. Foto: Christiaan Cloete
Elshante Storm laat waai tydens Laerskool Midvaal se swemgala. Foto: Christiaan Cloete
Elshante Storm word deur Lezane van Schalkwyk geluk gewens nadat sy geswem het. Foto: Christiaan Cloete
Juffrou Marelize La Grange, Yolandri Du Preez en Melissa Erasmus skeer die gek in ‘n ligter oomblik tydens die swemgala. Foto: Christiaan Cloete
‘n Dreigende donderstorm het veroorsaak dat die swemgala effens vroeër as wat beplan is beëindig is. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button