Ons weet wat ons weet! – Wat is beurtkrag?
Ons vra die vrae en die jongelinge antwoord... Lees meer
Suid-Afrika trek tans weer swaar onder beurtkrag. Gerda Bruinette het by die jongspan gaan kersopsteek.
Van beurtkrag weet hul nie veel nie, maar kan goed uitbrei oor loadshedding. Die vraag was, wat is beurtkrag, opgevolg met wat is sonkrag?
Hier is die jongelinge van Vaalpark Primêr se wyse antwoorde.
Zanté Joubert Sy skud eers kop, die woord is vir haar vreemd, glimlag dan breed: “O loadshedding, dis wanneer hulle die krag afsit. Sonkrag is wanneer die son skyn en dan gee dit vir die klasse krag.”

Olivia Harding “Loadshedding is when the lights go off because of lighting and thunder. Solar panels help that you don’t get loadshedding.”

Alwande Ngcoya “Loadshedding is when the electricity is finished and because they are testing it. Solar panel? Is that a trick question? I think it has something to do with fans.”

Ruben Putter Skud dadelik kop, hy het geen idee wat is beurtkrag nie en ook nie loadshedding nie. Hy bly in Vaalpark en dit gebeur nie by sy huis nie. “Sonkrag is wanneer die son skyn, dan kry jy krag.”

Triston Swart “Loadshedding is wanneer die ligte afgaan en jy weet nie wat jy doen nie. Jy kan nie sien nie. Solar gee die goed in jou huis krag. Solar is in space en dan werk alles in jou huis.”

Vhutali Mashiba “Loadshedding is when the lights go off because of Eskom. The electricity comes back on when the sun makes everything hot.”

