Local newsNewsNews

VIDEO: Motoris ry petroljoggie om

Hy was sedertdien al verskeie kere by die dokter en fisioterapeut.

WAARSKUWING: Die berig bevat grafiese beeldmateriaal wat sensitiewe lesers moontlik kan ontstel.

‘n Korter weergawe van die storie het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad (16 Februarie) verskyn. Kry ons gedrukte koerant op Vrydae vir al die jongste nuus. Hierdie berig is geredigeer om die werkgewer se kommentaar by te werk.

MEYERTON. – ‘n Vriendelike petroljoggie van die dorp verduur steeds pyn nadat ‘n motoris hom verlede jaar by die vulstasie waar hy werk omgery en na bewering later van die toneel af weggery het.

NOTA: Vaalweekblad het ná publikasie klagtes van die vermeende video-eienaar, Corgi’s-vulstasie, oor die video se publikasie ontvang. Die publikasie het egter regsadvies ingewin en tot die gevolgtrekking gekom dat nuusberiggewing in openbare belang die insluiting van die kringtelevisiebeeldmateriaal by beriggewing regverdig.

Kgotso Peace Makwe (38), ‘n petroljoggie by die Corgi’s-vulstasie in Pierneefboulevard, was op Woensdagaand 25 Oktober oudergewoonte besig om klante te help toe ‘n motoris in ‘n Toyota Tazz, wat hy reeds gehelp het, in trurat hom omgery het.

Wat vir Kgotso Peace Makwe (38) dwars in die krop steek is dat die motoris glo nooit verskoning gevra het nie.

In plaas daarvan het hy na bewering vir Makwe gevloek en uitgeskel.

Op die video van die voorval kan mens hoor hoe die man vir Makwe skree: “Ag, jy makeer f*kk*l jy! Jy is ‘n f*kk*n meisiekind jy!”

Makwe kla van erge kniepyn en sê dit maak dit moeilik om te loop en vir lang tye regop te staan, soos wat van petroljoggies verwag word.

‘n Verteenwoordiger van Makwe se werkgewer wat nie haar naam genoem wil hê nie, het intussen namens die entiteit op die inhoud van hierdie berig gereageer.

Sy het bevestig dat die Rand Mutual Assurance Company Makwe se mediese onkostes verwant aan die voorval dek. Dit is ook bevestig dat hy ten volle salaris ontvang het vir die tydperk wat hy in ‘n privaathospitaal behandel is.

Makwe het glo ‘n polisiesaak oopgemaak teen die bestuurder. Vaalweekblad versoek tans bevestiging van die polisie ten opsigte van hoe hul ondersoek vorder.

Kgotso Peace Makwe (38) van die Corgi’s-vulstasie in Meyerton verduur erge pyn nadat ‘n motoris hom omgery het. Foto: Christiaan Cloete
NOTE: Subsequent to publication, Vaalweekblad had received complaints from the purported video owner, Corgi’s fuel station, about the video’s publication. However, the publication has obtained legal advice and concluded that public interest news reporting justifies the inclusion of the CCTV footage in reporting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button