Local newsNewsNews

Hekel & Vaswerk Marathon

As jy 'n naald kan vashou, 'n hekelpen kan laat flits of kan help met plak, kom neem deel aan die Hekel & Vaswerk Marathon, Saterdag by die Emerald Resort & Casino

VANDERBIJLPARK. – Drie weke. Dis al wat oor is voordat vier wêreldrekords op een dag in die Vaaldriehoek gaan spat. 16 Maart moet 35 000 serpe een lang serp van 35 km vorm en op die Emerald Casino & Resort se gronde uitgepak word.

Al 7 000 m² daarvan in die vorm van die Afrika-vasteland omring deur oseane. Tans is daar al duisende klaar, met mense wat landwyd, van so ver as Phalaborwa en Bloemfontein, die hekelpenne laat flits.

Nog mense word benodig en Jackie van Waveren het laat weet enige een is welkom om daagliks van 09:00 tot 15:00 by die GTCoC se kantore te hekel.

Natuurlik moet al die serpe aanmekaargesit word. Saterdag, 24 Februarie vind daar ‘n Joining & Tagging Marathon plaas by die GTCoC se kantore by Emerald Resort & Casino. Bring jou hekelpen en ‘n vaswerknaald as jy het en kom help vaswerk en hekel.

GTCoC se voorsitter, Jaco Verwey sê: “Ons sal die wol, die koffie, tee en kos voorsien vir die dag. Kom help net. Die marathon skop om 06:00 af en duur tot 18:00.”

Al kan jy net ‘n halfuur afknyp, sal dit waardeer word. Naas die vaswerk, moet elke serp ook ‘n nommer kry. Dis vir die Diamond Drop wat 16 Maart gaan plaasvind.

‘n Hommeltuig (drone) gaan oor die groot serp vlieg en sandsakkies aan valskermpies laat val. Waar daar ‘n sakkie val, kry daardie nommer ‘n prys.

“Pryse ter waarde van R150 000 is op die spel en die grootste is die regte diamant van R30 000,” sê Jaco.

Goeie nuus is dat elke persoon wat ‘n kaartjie koop vir die Rocking The Vaal dag, ‘n Diamond Drop kaartjie ook kry.

Ekstra kaartjies vir die Diamond Drop kan teen R50 per kaartjie gekoop word. Rocking The Vaal se kaartjies is te koop by https:// tickets.tixsa.co.za/event/rocking-thevaal.

Teen R195 per persoon kan jy die breek van vier wêreldrekords aanskou, verskeie produksies sien van onder meer Martin Bester, OntbytSake en ‘n produksie spesiaal vir Rocking the Vaal geskryf waar Tarryn Lamb, Ruhan du Toit, Refentse, Jo Black, Riaan Benadé en Samantha Leonard gaan optree.

‘n Potjiekos-bunnychow en 50% afslag vir die dag by Animal World en die Aquadome is by die toegangsgeld ingesluit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button