Local newsNewsNews
Klokseremonie vir jongspan
Totius se jongstes ontvang hul amptelike skoolhempies.
VANDERBIJLPARK. – Die graad RR klas van 2024 word nou as volwaardige Totius maatjies beskou.
Hulle het Vrydag, 16 Februarie hul klokseremonie gehad waarna hulle hul Totius-hempies ontvang het.
Nadat die skool die foto met die nuus op hul Facebookblad geplaas het, het een ouer, Corrie du Toit, laat weet: “Dankie juffrou Marina Bezuidenhout vir al jou moeite en liefde vir elke liewe maatjie.”
‘n Ander leser, Belinda Venter se kommentaar het gelui: “Dit is beautiful, so so kosbaar.”
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
