Duisende atlete Sondag in strate verwag
Dis weer tyd vir die jaarlikse Vaal Marathon.
VEREENIGING. – Duisende atlete word die naweek in die strate van Drie Riviere en Risiville verwag vir die jaarlikse Vaal Marathon.
Die marathon wat deur die Vaal Atletiek Klub aangebied word vind sedert 1974 jaarliks in Vereeniging plaas en word op die eerste naweek in Maart gehou.
Die sal die 49ste Vaal Marathon keer wees wat die wedloop gehou word.
Die wedloop begin en eindig by die Dick Fourie Stadion in Drie Riviere.
Die atlete word tussen 05:00 en 12:00 op die paaie verwag en bykans 3 000 atlete sal aan die marathon en gepaardgaande wedlope deelneem.

Buiten die marathon (42.2km) is daar ook wedlope oor +/-30km, 21.1km, 10km en ‘n 5km pretdraf.
Die marathon sal verkeer tydelik ontwrig, maar die paaie behoort na 12:00 weer oop vir verkeer te wees.
Inwoners van die gebied word gevra om kennis te neem en rondom dié jaarlikse gebeurtenis te beplan.
Inwoners se geduld sal hoog op die prys gestel word.
Daar sal rigtingaanwysers (marshals) by kruisings op die roete wees. Hulle is almal vrywilligers. Die Vaal Marathon Komitee bedank byvoorbaat inwoners vir hul geduld op Sondagoggend.

