Local newsNewsNews

Dis nou tyd om jou kaartjie te koop!

VANDERBIJLPARK. – Rocking the Vaal vind op 16 Maart by die Emerald Resort & Casino plaas en lesers wat vooraf hul kaartjies koop staan 'n kans om groot pryse te wen. Lees hoe jy kan deelneem.

Om in aanmerking vir die pryse te kom moet jy vooraf jou kaartjie koop.

Kaartjies is beskikbaar by https://tickets.tixsa.co.za/event/ rocking-the-vaal teen R195 pp wat ‘n ete insluit.

Die sakekamer bied die volgende pryse aan:

Die eerste prys ter waarde van R9 000 is: Naweek akkommodasie vir 2 persone by die Emerald Resort & Casino Bush Lodge, ontbyt ingesluit, ‘n paartjie massering, ‘n R500 ete bewys, toegang tot die Aqua Dome en Animal World, ‘n ontspanningsvaart op die Liquid Lounge, ‘n wildrit en 10 x Diamond Drop kaartjies.

Tweede prys ter waarde van R4 300 is: Naweek akkommodasie vir 2 persone by Emerald Resort & Casino Chalets, toegang tot die Aqua Dome en Animal World, ontspanningsvaart of die Liquid Lounge, ‘n wildrit en 6 x Diamond Drop kaartjies.

Derde prys ter waarde van R1 200 is: 4 x Adventure Passports en 4 x Diamond Drop kaartjies.

Bonus kontantprys: Lees hieronder.

SO NEEM JY DEEL!

Stap 1. Koop jou kaartjie aanlyn

Stap 2. Druk jou kaartjie uit

Stap 3. Glimlag en neem ‘n selfie met jou kaartjie in jou hand

Stap 4. Deel dit op Facebook met #VaalweekbladRocks (deel dit op jou eie Facebook of tag Vaalweekblad so: @Vaalweekblad).

BONUS Stap 5. – Neem ‘n selfie met jou kaartjie én ‘n kopie van Vaalweekblad en deel dit op Facebook met #VaalweekbladRocks (deel dit op jou eie Facebook of tag Vaalweekblad) vir ‘n verdere kans om R1 000 kontant te wen.

Kompetisie sluit Woensdag, 13 Maart.

  • Op die dag, georganiseer deur die Golden Triangle Chamber of Commerce (GTCoC), gaan daar ook gepoog word om vier wêreldrekords te breek. Lees meer hieroor in Vaalweekblad.

Back to top button