Local newsNewsNews

Man (65) kort geld vir katarak prosedure

Kenners meen die 65-jarige Andries van der Merwe kan binne twee jaar blind wees indien hy nie behandeling ontvang nie.

VEREENIGING. – Die toestand van Andries van der Merwe (65) se oë het oor die afgelope tyd erg agteruitgegaan en hy benodig volgens ‘n familielid, Cynthia van der Merwe, ten minste R110 000 vir ‘n operasie by die Ocumed Oog en Laser Insitituut in Vanderbijlpark.

Vaalweekblad lesers mag dalk vir Andries uit die vroeë 1970 onthou toe hy as vakleerling ‘n ernstige werksbesering opgedoen het toe ‘n vyl in sy maag gesteek het. Vaalweekblad het destyds daaroor berig.

Cynthia vertel: “Hy benodig dringend hulp aangesien die toestand van sy oë versleg het. Oogspesialiste sê hy kan binne twee jaar blind wees as gevolg van kwaai katterakke in sy oë. Finansieel gaan dit maar swaar.”

Mense wat ‘n bydrae vir Andries se operasie wil maak kan sy vrou Matilda van der Merwe by 076 206 3547 skakel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button