Almal kort ten minste een superheld in die lewe. Maar wat is ‘n supperheld?
Gerda Bruinette het by die graad 3’s van LS Totius gaan kersopsteek en gehoor wie is hul helde.

Esme Barnard “‘n Superheld is iemand wat jou altyd sal help. Hulle help wanneer jy iets nodig het. My held is my boetie, Christo. Hy is 10 en is ook in Totius.”

Reney Pollard “Dis iemand wat almal help en mense rescue. My mamma Maryna en Pappa Raymond is my helde. Ek is baie lief vir hulle. Ek wil soos Spiderman se meisie wees, sy help mense en sy vang hulle as hulle val.”

Aney Delport “Dis ‘n man. Hy het ‘n pak aan. Dan sien hy ‘n superheldpak in ‘n winkel. Toe trek hy dit aan en sien hoe steel ‘n man ‘n vrou se handsak.”

Violet-Rose Leca Sy dink eers lank voordat sy antwoord. “‘n Superheld is as hulle iemand help en hulle vat mense tronk toe as hulle steel en hulle beskerm die mense. My superhelde is my ma Michaela en my pa Roberto.”

Jayden Blauw “Superhelde is soos ‘n brandweerman. As daar ‘n vuur is, bel mense en dan kom die brandweerwa en blus die vuur. My familie is my superhelde, ek kan en moet vir hulle sê as ek geboelie word.

Ayo Dele-ojo “‘n Superheld is iemand wat mense help en vir hul sorg en wat baie, baie, baie mense se lewens red. My pa Dawid is my held wat hy help my met huiswerk. My ma Miriam maak my kosblik reg.”
