Local newsNewsNews

Meyertonse sangeres stel nuwe lied vry

Die lied is aan haar kitaarspeler opgedra.

MEYERTON. – ‘n Plaaslike sangeres het besluit om haar splinternuwe lied aan haar kitaarspeler op te dra.

Yolandie van Meyerton se nuwe lied getiteld “Morné se Lied” is pas vrygestel.

Kitaarspeler, Morné Viljoen se musikale vingers is ook duidelik op dié snit hoorbaar.

Dié enkelsnit volg kort op die hakke van haar kortspeelalbum, Shades of Time, wat aan die einde van 2023 uitgereik is.

Sean Butler, die bekende musiekvervaardiger wat met kunstenaars soos Nianell, Romanz, Elizma Theron, Kurt Darren en menige ander bekendes gewerk het, sê dat dit ‘n groot voorreg was om betrokke te wees by Yolandie se nuutste enkelsnit.

Die lied is deur Sandra Esterhuizen (Nest) geskryf en het werklik begin lewe kry in die ateljee.

Beide Morné en Yolandie, het hulle unieke talente bygevoeg by die vervaardiging van die lied.

Morné sê dat hoewel die lied al 20 jaar gelede geskryf is, voel dit asof dit spesiaal vir hom geskryf was.

Hy het Yolandie by ‘n groot opvoering ontmoet en deur die repetisies het die twee ‘n vriendskap ontwikkel.

Dit is toe ‘n groot toevalligheid dat Yolandie ‘n lied in haar skatkis bêre wat soveel ooreenkomste met hom het.

Hy sê: “Yolandie het die lirieke vir my gestuur en ek kon nie glo dat die lied al meer as twintig jaar terug geskryf was nie en my so akkuraat beskryf het nie. Dis toe dat die lied vir haar betekenis gekry het, omdat sy dit nou met iemand kon verbind.”

Viljoen verklap verder dat dit dalk nie bewustelik was nie, maar dat die lied tog sy eie storie vertel.

Die omslag van Yolandie se nuwe enkelsnit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button