Overvaal maak skoonskip by VCC-byeenkoms
Die skool het altesaam ‘n allemintige 153 medaljes ingepalm
Die storie het in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad (23 Februarie) verskyn. Kry ons gedrukte koerant vir al die jongste nuus.
SASOLBURG. – Atlete van die Hoërskool Overvaal het geskitter by die Vereeniging Cluster Championships (VCC) wat vroeër vandeesmaand by die DP de Villiersstadion in Sasolburg gehou is.
Die skool van Vereeniging was nie alleenlik die algehele wenners van die interhoër byeenkoms nie, maar het die toernooi totaal en al oorheers.

Overvaal het tydens die byeenkoms op 17 Februarie gehou is teen Phoenix High School (die gasheerskool), Hoërskool Drie Riviere, Riverside High School, Fundamental High School en Vereeniging Gimnasium meegeding en altesaam 65 goud, 54 silwer en 34 brons ingepalm.
Vinaldo Spamers en Mioné Frisby is onderskeidelik as die junior Victor Ludorum (veld) en junior Victrix Ludorum (veld) van die kampioenskap aangewys.

Venique O’Grady is as die senior Victrix Ludorum (baan) aangewys. Vian Kruger en Alicia Pelser is onderskeidelik as die senior Victor Ludorum (veld) en senior Victrix Ludorum (veld) aangewys.
Jeané Pitout is as die beste atleet (dogters) aangewys.
Overvaal is ook die afdelingwenners van die junior dogters, junior seuns, senior dogters, senior seuns.
Overvaal het ook die persentieltrofee (194%) gewen. Altesaam 79 van die skool se atlete het vir die D7-kampioenskap gekwalifiseer.


