Local newsNewsNewsSport

Skitter rugby op ‘n Vrydagaand

Die NWU Eagles se Friday Night Lights Pre-Season rugby reeks vir laerskole het Vrydagaand afgeskop. Klik op die skakel vir aksiefoto's.

VANDERBIJLPARK. – Die afskop van die NWU Eagles se Friday Night Lights Pre-Season rugby reeks vir laerskole het Vrydagaand vir kookwater rugby gesorg.

LS Kollegepark se Johanru Fourie snel doellyn toe vir ‘n prag drie.

Alhoewel daar nie amptelik puntetelling gehou is nie, was die vlak van rugby en die entoesiasme langs, en op die veld groot.

LS Kollegepark se o.11 flank beur teen ‘n muur van D.F Malherbe verdedigers in.

Die volgende Friday Night Lights rugbyaand vind Vrydag, 1 Maart by die NWU se Vanderbijlpark kampus plaas.

Op spoed doellyn toe. LS Eligwa vs T.P Stratten Primary School

Volledige artikel en foto’s in Vaalweekblad van 1 Maart 2024.

Taylor Oelofse van LS Eligwa het kookwaterspel gelewer
Vaskopstut, Tshiamo Mahlangu van LS Kollegepark op die aanval
‘n Voorspeler van LS Orion rank in ‘n lynstaan teen LS Vryheidsmonument
LS Vryheidsmonument se senter word van die veld gehelp nadat hy en sy span se agsteman gebots het.
LS Kollegepark vs LS D.F Malherbe. Foto’s Gerda Bruinette
LS Orion probeer vergeefs LS Vryheidsmonument se slot stuit.
Vasgevang in ‘n losgemaal
LS Eligwa op die aanval
Taylor Oelofse van LS Eligwa beur voort al probeer 5 verdedigers van T.P Stratten Primary School hom plattrek
LS Vryheidsmonument se skrumskakel breek weg met die bal in ‘n blitsige lopie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button