Monique Willemse, Clara Jacobs en Frédéric Mischo maak seker hul rol die klaargewerkte serpe reg op. Frédéric is van Duitsland en is tans ‘n uitruilstudent in SA. Foto’s: Gerda Bruinette
VANDERBIJLPARK. – Die GTCoC se kantore by die Emerald Resort & Casino was Saterdag van vroegoggend tot laatmiddag ‘n miernes.
Ella van Eyk het gesorg dat Chris Botha en Charl van der Walt besig bly.
Deur die loop van die dag was daar sowat 50 mense saam wat almal ingespring het om te help om die grootste serp nog bymekaar te sit.
Nadine van der Walt en Ronel Botha het ywerig gehekel tydens die Hekel & Vaswerk Marathon.
In die een kamer het dames vlytig serpe van 1 m lank gehekel, in die voorportaal was drie jongelinge aan die werskaf om groot balle te rol en in die derde kamer is daar ywerig gehekel, vasgewerk en serpe gemerk.
Elize Swanepoel en Marie Hanekom het help vaswerk en merk.
Daar is heelwat serpe wat nog voltooi en vasgewerk moet word vir die wêreldrekordpoging van 16 Maart. Indien jy wil help, maak weeksdae tussen 09:00 -15:00 ‘n draai by die GTCoC se kantore.
Die Vlytige Vriendinne. Hulle brei en hekel al saam sedert die Groot Kombers van 2019
Vir meer inligting, stuur ‘n WhattsApp na Jackie by 084 326 5228 of Alice by 082 778 1562.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za