Local newsNewsNews

Vandalisme by Riversdal-begraafplaas

Dit kon nie die wind gewees het nie.

MEYERTON. – Midvaal se AfriForum-tak het onlangs die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit versoek om op te tree nadat grafte skynbaar by die Riversdal-begraafplaas geskend is.

Volgens Pieter Swart, AfriForum se voorsitter in die Midvaal-omgewing, het die burgerregtegroep ‘n inspeksie van die begraafplaas gedoen nadat hulle klagtes van ‘n lid van die gemeenskap ontvang het.

“Aangesien dit onwaarskynlik is dat die kleiner grafstene so ver van hul oorspronklike ligging af kon gewaai het en die groter stene swaar genoeg is om die wind te kan weerstaan, is dit duidelik dat dit ‘n daad van vandalisme was.”

AfriForum se Midvaal-tak sê hy het ‘n amptelike versoek aan die Midvaal Munisipaliteit se burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid en paaie, Gerrit Viljoen, sowel as die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste, Thembi Modiba, gerig oor die stand van die Riversdal-begraafplaas.

“Ons vra vir die installering van kameras wat deur die beheerkamer dopgehou kan word as deel van die voorleggings vir die Geintegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) vir Wyk 13. Sover ons bewus is, is die sperdatum vir die indiening van sulke versoeke 8 Maart. Dit kan addisionele sekuriteit vir die area rondom die begraafplaas bied as hulle strategies geplaas word,” meen Swart.

Die stukkende heining by die Riverdal-begraafplaas. Foto: Verskaf
Beskadigde grafstene in die Riversdal begraafplaas. Foto: Verskaf
Was dit vandalisme of die wind? Besluit vir jouself. Foto: Christiaan Cloete

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button